Wednesday, September 11, 2024

RSG Landbou: 23 November 2023 – geborg deur BKB

Die eerste diere se stamboek is reeds in 1905 neergeskryf en dit merk ook die begin van SA Stamboek. Dr Japie van der Westhuizen se termyn as hoofbestuurder staan nou einde se kant toe en ons gesels met hom oor sy rol en hoe die organisasie gegroei het in Donderdag se aflewering van RSG Landbou

Ons kuier ook by Kenton-on-Sea se plaaslike veeartspraktyk. Dr Marette Dreyer gesels met Carin Venter oor die opleiding van ‘n veeartsverpleegster.

Ons bestudeer ook die weervoorspelling saam met Johan van den Berg en is Chris Derksen is soos altyd op sy pos met vleispryse.

Luister nou na dié opwindende onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Die Sybokhaarbemagtigingstrust: Ekonomiese vordering deur inklusiwiteit en diversiteit

Estimated reading time: 5 minutes Die Sybokhaarbemagtigingstrust funksioneer onder die sambreel van Sybokhaar Suid-Afrika en...

Cover crop mixes: Composition and species for summer

Estimated reading time: 7 minutes Soil health is a key objective when designing a cover...

Prickly pears as a grazing crop

Estimated reading time: 8 minutes The first prickly pears arrived in South Africa shortly after...

’n Belegging in prestasietoetsing verseker volhoubare kuddeverbetering

Estimated reading time: 4 minutes Diere se prestasie word bepaal deur hul genetiese samestelling sowel...