HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 23 Mei 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 23 Mei 2023 – geborg deur Plaas Media

In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou maak ons ‘n draai in die Sandveld en gesels met Jannie Basson van die Sandveld Aartappelkwekersorganisasie oor hul uitdagings. Dit sluit in stygende produksiekoste, beurtkrag, waterbronne en die hoë kleinhandelspryse.

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het op 9 Mei haar nasionale landboubegroting bekendgemaak. Agri SA en Agbiz lewer kommentaar op dié begroting.

Heinrich Victor van OVK is ook terug met die wolmarkverslag.

Daarna verduidelik Abrie Rautenbach van Absa Agribesigheid aan RSG Landbou-luisteraars hoe produsente wat voorheen gesukkel het om toegang tot finansiering te kry, binnekort makliker toegang tot lenings kan kry danksy die minderheidsbelang wat hul in die agritech-maatskappy, Khula, verkry het.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

45th ARC National Beef Performers Awards winners announced

Estimated reading time: 6 minutes The Agricultural Research Council (ARC) once again presented its National Beef Performers Awards on 23 November 2023. This was...