Tuesday, June 28, 2022

RSG Landbou: 23 Mei 2022 -geborg deur ABE Biotech

Rumen speel ’n integrale rol in die gesondheid van ’n dier. Dr Johan van Rensburg van ABE Biotech brei hieroor uit en verduidelik ook watter effek wisselende pH het, in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Daar is huidiglik meer as 370 Brahmantelers wat lede van die Brahman-beestelersgenootskap is. Sietze Smit gesels met RSG Landbou-luisteraars oor die bevordering van dié ras in Suid-Afrika.

Staatsveearts, dr Alicia Cloete, was een van die sprekers by die onlangse RuVasa-kongres. RSG Landbou-streeksverteenwoordiger in die Oos-Kaap, Carin Venter, vind meer uit oor haar belangstellingsveld.

Paul Maré, eienaar van Paul Maré Bonsmaras, kuier ook in die ateljee. Hy gesels oor hulle aanbod by die Qualitrio-glansaand asook die 22ste Bonsmara-produksieveiling.

Daar is ook soos oudergewoonte op ’n Maandag lekker veilingsnuus.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur ABE Biotech

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Popular stories