HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 23 Maart 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 23 Maart 2023 – geborg deur Plaas Media

Namate die groeiseisoen van weiding tot ‘n einde kom, verhoog die veselinhoud terwyl die proteïeninhoud van die weiding verlaag. Die gevolg hiervan is dat verteerbaarheid ‘n probleem by diere skep. André Bezuidenhout van Feedtek gee ‘n paar aanbevelings hieroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Wat behels goeie waterbestuur tydens vloede? Joseph Swanepoel van die Krokodil-Wes besproeiingsraad in Noordwes verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars hoe hulle te werk gaan om skade te voorkom.

Johan van den Berg is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Plaas TV: Klimaatslim boerdery, AFMA Forum, Agbiz Graan- en Oliesade-simposium en...

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-projek...