RSG Landbou: 23 Januarie 2023 – geborg deur Plaas Media

Veediefstal in Suid-Afrika is deel van georganiseerde misdaad. So sê Willie Clack, ‘n bekende onder landbouers in Suid-Afrika en ‘n man wat reeds talle jare navorsing hieroor doen. Willie het einde 2022 sy uittrede as voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum aangekondig. Hy gesels in Maandag se RSG Landbou hieroor.

RSG Landbou se medewerker, in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, vind meer uit oor die nuwe formele kwalifikasie van Graandepo-bestuurders. Hy praat met Lizelle Jacobs van Mind Alive.

Daar is ook soos oudergewoonte weer op ‘n Maandag nuus oor veilings wat die volgende paar weke plaasvind.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories