BirdLife South Africa, in samewerking met die Universiteite van die Witwatersrand en Johannesburg, het navorsing gepubliseer wat loodvergiftiging by kritiek bedreigde Witrugaasvoëlkuikens aan loodgebaseerde ammunisie verbind. Linda van den Heever gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou met ons oor dié navorsing.
In ons landswye kuilvoertoer saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited, stop ons vandag in die Noordwes. Rypskade het ‘n groot impak op kuilvoer in dié provinsie en ons hoor wat hy hieroor te sê het.
Chris Derksen vertel vir RSG Landbou-luisteraars soos altyd meer van dié week se vleispryse en Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer.
Ons sluit die program af met veilingsnuus. Ilse Lombard van Doornpoort Genetics gesels op RSG Landbou oor wat kopers by hulle boerbokveiling kan verwag wat binnekort plaasvind.
Luister nou na hierdie lekker onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA
Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society continually aims to be the leader in the beef cattle industry in order to adequately serve local and global producers and stakeholders by:
Acting with credibility and integrity at all times
Promoting scientific, biological and economic efficiency
Promoting practical and efficient production methods
Supplying superior, market-related breeding material to the industry
Supplying affordable, quality beef to all consumers
Through these actions, the Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society is committed to make a positive contribution to the promotion of a balanced environmentally friendly beef-cattle industry, for the benefit of the general populous and to ultimately support its members in viable business endeavors
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.