Louis Steyl, rasdirekteur van Bonsmara SA, is eerste aan die woord in Woensdag se aflwering van RSG Landbou. Hy gesels oor vanjaar se Bonsmara SA Vroulikedierveiling wat op 16 Maart in Parys plaasvind.

Veeprodusente kan nie bekostig om passasiers op die plaas te huisves nie – hier verwys ons na diere wat nie waarde toevoeg nie, en dus uitgeskot moet word. John Rafferty, ‘n veekundige, gee vir RSG Landbou-luisteraars raad hieroor.

Die voorkoms van die Russiese koringluis verskil van jaar tot jaar in die verskillende koringgebiede en dr Astrid Jankielsohn van die LNR Kleingraan verduidelik op RSG Landbou waaraan dit toegeskryf kan word.

Lise Roberts van RSG Landbou gesels met Aldrin Lawrence, wenner van Aartappel SA se Ontwikkelende Boer van die Jaar.

Luister na dié onderhoude op RSG Landbou.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA

Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society continually aims to be the leader in the beef cattle industry in order to adequately serve local and global producers and stakeholders by:

  • Acting with credibility and integrity at all times
  • Promoting scientific, biological and economic efficiency
  • Promoting practical and efficient production methods
  • Supplying superior, market-related breeding material to the industry
  • Supplying affordable, quality beef to all consumers

Through these actions, the Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society is committed to make a positive contribution to the promotion of a balanced environmentally friendly beef-cattle industry, for the benefit of the general populous and to ultimately support its members in viable business endeavours

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.