RSG Landbou: 23 Augustus 2023 – geborg deur Brahman Beestelersgenootskap

76
RSG Landbou

Die Brahman-beestelersgenootskap bied vroeg in September hul jaarlikse skou en veiling in Parys aan en Sytze Smit vertel vir RSG Landbou-luisteraars in Woensdag se aflewering van die program wat hulle vanjaar beplan.

Dan kan lede van die lewendehawebedryf in Oktober die gewilde LRF-veeskool by Aldam bywoon. Vanjaar se fokus is op bulseleksie en Johan Styger verskaf meer besonderhede hieroor in RSG Landbou.

Lede van die Harrismith Distriksboere-unie het onlangs saam met Vrystaat Landbou ‘n vergadering met die SAPD geïnisieer. Sake wat nie aangehoor en opgevolg word nie, asook patrollies wat nie meer plaasvind nie, is van die sake wat bespreek is. Voorsitter van die unie, George Galloway, gesels met Izak Hofmeyr hieroor.

Ons sluit die program af met veilingsnuus. Theo Hoffman van die Bosvelder Studiegroep Elite-veiling vertel meer oor wat kopers by die veiling te wagte kan wees.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman Beestelersgenootskap.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.