Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 23 Augustus 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid kuier weer vir ‘n slag in die RSG Landbou-ateljee. Hy gesels oor brommeraanvalle by skape in Dinsdag se aflewering van die program.

Dr Eduard Roos van Clinomics het aan RSG Landbou se medewerker, Koos du Pisanie, verduidelik hoe huidige navorsing van beestuberkulose by vlakvarke werk.

Rudi van der Westhuizen van Samic brei uit oor die proses by die beoordeling van ‘n bok-, skaap-, bees, en varkkarkas.  

Die wolseisoen het verlede week na ‘n reses van twee maande, met ‘n aanbod van 8 348 bale afgeskop. Weens die verbod op die uitvoer van wol na China, is 4 528 bale voor die veiling onttrek, terwyl ‘n verkoopspersentasie van 80,6 persent behaal is vir die bale wat wel aangebied is. RSG Landbou-luisteraars kan na Heinrich Victor van OVK luister vir ‘n meer volledige verslag.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories