Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 22 September 2022 – geborg deur SOILL

RSG Landbou fokus in Donderdag se aflewering van die program hoofsaaklik op terugvoer vanaf Nampo Kaap. Henk Aggenbach vertel onder meer hoeveel besoekers dié ekspo vanjaar bygewoon het en waarop hulle in 2023 kan verbeter. Daarna hoor ons ook van dr Pieter Taljaard van Graan SA. Hy praat oor die impak van beurtkrag op landbou en gee raad oor hoe om die vinnig-stygende insetkostes beter te bestuur.

Johan van den Berg is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed, daarna bring Chris Derksen RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die jongste vleispryse.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Who is SOILL?

Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.


We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories