Wednesday, October 9, 2024
HomePodcastsRSG Landbou: 22 November 2023 - geborg deur BKB

RSG Landbou: 22 November 2023 – geborg deur BKB

Die 2023 Toyota SA/Agri SA Jongboer van die Jaar is verlede week aangewys en ons hoor wat hy oor dié eer te sê gehad het in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Chrisjan Jansen van Vuuren van Lindsay Africa praat oor tegnologiese vooruitgang in spilpuntstelsels en hoe produsente met groot sukses dié tegnologie aanneem.

Die voormalige hoofbedryfsbeampte van die Wagyu-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, Elandri de Bruyn, was tydens vanjaar se LRF Veeskool die eerste ontvanger van die Michael J Bradfield gedenkbeurs.

Ons praat ook met dr Calvin Sambo van die Landbounavorsingsraad oor hul strategiese vennootskapsmodelle in kleinboerbesproeiingskemas

Luister nou na dié interessante onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

‘n Skaapboer se beste vriend – op Plaas TV

Hierdie week het Plaas TV weereens vir interessante kykstof gesorg en vandag is #kykweervrydag. Hier is ’n opsomming van dié week se episodes: BKB berg tussen 300...