Die Landbounavorsingsraad en ander rolspelers het die besproeiingsontwerp- en gebruikshandleidings hersien. Fanie Vorster vertel vir RSG Landbou-luisteraars in Dinsdag se aflewering van die program watter veranderings aangebring is.
Waarskuwings oor die volgende bruinsprinkaanplae is reeds gehoor. Is dit moontlik dat dié sprinkaan van onkruid hou? Prof Charlie Reinhardt beantwoord hierdie vraag in RSG Landbou.
Heinrich Victor van OVK gee verslag oor wolpryse wat by die weeklikse veiling behaal is, die jongste markaanwysers, asook die invloed van internasionale markte.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
Who is Hygrotech?
Our mission is to continuously and pro-actively identify and evaluate the needs of all current and potential clients regarding vegetable seed, as well as related and supporting products and shall strive to satisfy such needs within acceptable norms. Sell quality products, if possible on an exclusive basis, through trained and experienced staff, supported by systems and procedures acceptable to clients and HYGROTECH. Expand the market by recruiting and retaining quality clients in our market segments by way of goal-driven marketing, primarily based on direct selling. Offer our products at a competitive price to our clients, assuring an acceptable growth and profit to HYGROTECH.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Hygrotech. Besoek gerus hulle webwerf hier.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.