Wednesday, September 11, 2024
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 22 Junie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 22 Junie 2023 – geborg deur Plaas Media

Wat staan jou te doen wanneer jy die eerste persoon is wat by ‘n misdaadtoneel opdaag? Jan van Straaten het tydens ‘n inligtingsessie oor landelike veiligheid op Van Reenen in die Vrystaat, gewaarsku wat die impak is indien jy nie reg optree nie.

Daar is tans druk op die wêreldneutbedryf. Suid-Afrika is steeds die wêreldleier in die makadamiabedryf, maar pryse en volumes veroorsaak groot druk. Lindi Botha van Marquis Macadamias gee terugvoer hieroor in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Ons sluit die program af met lekker veilingsnuus. Chris Boshoff brei uit oor wat kopers kan verwag tydens Boshoff Bonsmara se produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 9 September 2024 – geborg deur BKB

Die provinsiale regering in die Noord-Kaap het in 2019 ‘n ontwikkelingsplan bekendgestel. Agri Noord-Kaap is tans by 23 projekte betrokke en Dirk Krapohl het...