RSG Landbou: 22 Februarie 2023 – geborg deur Bonsmara SA

Wat is die doel van ‘n nasionale veiling vir ‘n beestelersgenootskap? Benjamin Bosch van Bonsmara SA beantwoord hierdie vraag in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor hulle nasionale veiling van 15 Maart in Parys.

Volgens Pieter Fouché van Whiteheath Boerbok-stoet tussen Grahamstad en Bathurst, dra goeie lengte by tot meer vleis en dis waarna jy soek by ‘n boerbok. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor.

Dan gesels SA Stamboek met ons oor die eienskappe van ‘n goeie skaapram en -ooi. Dr Japie van der Westhuizen en Siebert Vermeulen verduidelik ook watter voordele akkurate data vir die teler inhou.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA

Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society continually aims to be the leader in the beef cattle industry in order to adequately serve local and global producers and stakeholders by:

Acting with credibility and integrity at all times

Promoting scientific, biological and economic efficiency
Promoting practical and efficient production methods
Supplying superior, market-related breeding material to the industry
Supplying affordable, quality beef to all consumers

Through these actions, the Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society is committed to make a positive contribution to the promotion of a balanced environmentally friendly beef-cattle industry, for the benefit of the general populous and to ultimately support its members in viable business endeavors

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories