Saturday, April 1, 2023

RSG Landbou: 21 September 2022 – geborg deur SOILL

Bykans 124 000 hektare kanola is vanjaar aangeplant – ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord. Johan Pyper van Southern Oil gee terugvoer oor die afgelope kanolaproduksieseisoen in Woensdag se aflewering van RSG Landbou.

Vititech dra noemenswaardig by tot die sukses van die plaaslike wynbedryf en André van Wyk vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer van die werk wat hulle doen.

Hoe word reproduksie in ‘n vleisbeeskudde verbeter? Produsente verwag dat elke koei in hul kudde jaarliks ’n gesonde kalf sal produseer, en dan die kalf op ’n bepaalde tyd sal speen. Pieter Brönn van Feedtek gee raad hieroor.

Dan eerskomende naweek bied die Montagu Museum ‘n kruiefees aan. Ons hoor hoe ryk ons land se kruie-erfenis in dié gebied is.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Who is SOILL?

Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.


We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories