Waarom is die hormoon, rbST, so ‘n kontroversiële produk? In ons gesprek met dr Tod Collins verduidelik hy ook waarom melkkopers die gebruik hiervan verbied in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.
Geoff Kingwell van BKB gesels oor die belangrikheid van goeie dierewelsynspraktyke in die veselbedryf.
Dan het ons ook vir Anton Rabe van Hortgro gevra watter impak die onlangse misleidende mediaberigte oor uitvoere op die vrugtebedryf gehad het.
En dan is Heinrich Victor en sy gewilde wolmarkverslag weer op sy pos.
Luister nou na dié opwindende onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.