Tuesday, November 29, 2022

RSG Landbou: 21 November 2022 – geborg deur Hygrotech

Die rol van byvoegmiddels tydens gewasbespuiting word dikwels onderskat en daar is duidelike riglyne om effektiwiteit te verseker. Herman Walters van Hygrotech brei hieroor uit in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy verduidelik ook watter voordele dit vir produksie inhou.

Ons kuier verder saam met Carin Venter by die Willowmore Angora-skou. Sy gesels onder meer met ‘n wyn- en volstruisboer van die De Rust-omgewing oor hul angoras wat tydens die skou presteer het.

Hannelet Jordaan van BKB verduidelik hoe jy rekordhouding op jou plaas kan gebruik.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Who is Hygrotech?

Our mission is to continuously and pro-actively identify and evaluate the needs of all current and potential clients regarding vegetable seed, as well as related and supporting products and shall strive to satisfy such needs within acceptable norms. Sell quality products, if possible on an exclusive basis, through trained and experienced staff, supported by systems and procedures acceptable to clients and HYGROTECH. Expand the market by recruiting and retaining quality clients in our market segments by way of goal-driven marketing, primarily based on direct selling. Offer our products at a competitive price to our clients, assuring an acceptable growth and profit to HYGROTECH.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Hygrotech. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories