HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 21 Maart 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 21 Maart 2023 – geborg deur Plaas Media

Graangraderingsregulasies kom onder bespreking in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Dit was een van die besprekingspunte by Graan SA se jaarkongres en ons hoor hoe Derek Mathews sy kommer hieroor uitspreek.

Daarna maak ons ‘n draai in die Oos-Kaap om oor ‘n prakties-volhoubare plan op ‘n skaap-, angora- en beesplaas naby die Winterberge tussen Tarkastad en Bedford te gesels. RSG Landbou se medewerker, Carin Venter gesels met David Fletcher oor al die aanpassings wat hy op die plaas moes maak om volhoubaar te boer.  

Heinrich Victor van OVK is soos oudergewoonte op sy pos met nuus vanaf die laaste wolveiling, asook die invloed van internasionale markte.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Sinkronisasie by skape: Voordele, nadele, tegnieke en vangplekke

Estimated reading time: 7 minutes Skape se teelsiklus word beheer deur twee hormone, naamlik progesteroon en estrogeen. Progesteroon is dominant tydens dragtigheid en tussen...