In Maandag se aflewering van RSG Landbou is Louis Steyl van Bonsmara SA eerste aan die woord. Hy praat oor die vooruitsigte van dié genootskap. Hy vertel ons ook waarop telers tans fokus om aan die mark te bly voorsien.

Daarna verduidelik Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat aan RSG Landbou-luisteraars oor die uitskot van meer as net die vee op jou plaas om ekonomies volhoubaar te kan boer.

RSG Landbou se streeksverteenwoordiger in die Oos-Kaap, Carin Venter, het by dr Paul Reynolds van Warden Dierehospitaal gaan uitvind hoe lewerslakbesmetting plaasvind, hoe om dit te identifiseer en watter behandeling aanbeveel word.

Lise Roberts gee vir RSG Landbou-luisteraars ‘n opsomming van belangrike veilings wat binnekort plaasvind.

Luister na dié onderhoude op RSG Landbou.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA

Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society continually aims to be the leader in the beef cattle industry in order to adequately serve local and global producers and stakeholders by:

  • Acting with credibility and integrity at all times
  • Promoting scientific, biological and economic efficiency
  • Promoting practical and efficient production methods
  • Supplying superior, market-related breeding material to the industry
  • Supplying affordable, quality beef to all consumers

Through these actions, the Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society is committed to make a positive contribution to the promotion of a balanced environmentally friendly beef-cattle industry, for the benefit of the general populous and to ultimately support its members in viable business endeavours

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.