RSG Landbou: 21 Augustus 2023 -geborg deur Brahman Beestelersgenootskap

Sytze Smit van die Brahman-beestelersgenootskap kuier in die ateljee om oor die doen en late van dié genootskap te gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy gee ondere andere terugvoer oor hul vleisgehalte-navorsingsprojek in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat.

‘n Video waar ‘n bees in ‘n drukgang herhaaldelik met ‘n mes gesteek is, het onlangs opslae gemaak. Alles in die naam van tradisie. Maar hoe onmenslik is dit werklik, en is daar ‘n korrekte tradisionele manier om hierdie diere dood te maak, sonder om welsyn prys te gee? Dr Danie Odendaal lug sy mening hieroor in.

Veilings is die brood en botter van elke lewendehawe-eienaar – of dit nou ’n streeksveiling en/of nasionale veiling is. Hier is nuus oor die veilings wat die volgende paar weke plaasvind.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Brahman Beestelersgenootskap.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories