In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons oor die plaaslike olyfbedryf. Volgens dr Gerhard du Toit van die Suid-Afrikaanse Olyfvereniging, produseer Suid-Afrika van die beste olyfolies in die wêreld.
R10 Brahmane vier vanjaar hulle 50ste herdenking. Hulle het van dag een af besluit om suiwer Manso-diere te teel. Eienaar, Llewellyn Labuschagne, gesels met Carel Chalmers van Bosveld Vleissentraal oor hulle prestasies en produksieveiling van 23 April.
Die onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit op landbou affekteer.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
Luister hier na vorige uitsendings.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer
Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.