Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 20 September 2022 – geborg deur SOILL

Die landbouwaardeketting is afhanklik van volhoubare energie. Sien ons enige vordering met die implementering van die staat se plan en wat kan landbou doen om volhoubaarheid te verseker? Berrie de Jager van Standard Bank fokus hierop in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

Heinrich Victor van OVK bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van sake wat die uitvoer van wol betref, asook die pryse wat by die jongste veiling behaal is.

Daarna gesels Koos du Pisanie met Johan Stassen van die International Agricultural Academy for Africa oor landbou-opleiding vir enige persoon wat ‘n liefde en belangstelling vir landbou het

Ons sluit die program met veilingsnuus af. Casper Byleveldt van Nico Botha Boerbokstoet vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat kopers kan verwag by hulle 23ste produksieveiling wat binnekort plaasvind.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Who is SOILL?

Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner.


We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories