Ons beantwoord ‘n luisteraar se vraag oor die minderwaardige rol wat die vroulike dier in die telingsproses speel. Ons het by dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek gaan aanklop vir dié antwoord in Maandagoggend se RSG Landbou aflewering
Die BKB Groep het die afgelope jaar ‘n hele paar strategiese besluite geneem. Ons kyk saam met Johan Stumpf terug na die afgelope jaar en hoor waarop hulle in 2024 wil fokus.
Rico Basson van Wyn Suid-Afrika het onlangs op ‘n radio-onderhoud gereageer op misleidende berigte oor wynuitvoere. Die voorsitter het die geleentheid gebruik om die regte konteks te bied en valse indrukke te weerlê.
Dan praat Gerrie Wiese van Lindsay Africa oor die belangrikste uitdagings by waterhulpbronbestuur en watter oplossings tegnologie kan bied.
Luister nou na dié opwindende onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.
#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.