Corné Nel van BKB was een van die aanbieders by Merino SA se adviseurskursus en hy het veral op rasstandaarde gefokus. RSG Landbou-luisteraars kan hoor wat hy hieroor te sê het in Dinsdag se aflewering van die program.
Van Toeka tot Nou, is die tema van ‘n veteraantrekker en -enjinskou wat in Augustus op Hartenbos aangebied word. ‘n 1938 Massey-Harris trekker, ‘n enjin wat deur ‘n perd getrek was, en ander vergete antiekhede sal hier ten toon gestel word. Alewijn Dippenaar vertel ons meer.
Volgens dr Henno Havenga van die Noordwes Universiteit moet landbouers reg staan vir nog ‘n droogte. Koos du Pisanie het tydens die RPO Noord-Kaap-kongres met hom hieroor gesels.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.