Wednesday, February 21, 2024

RSG Landbou: 20 Julie 2023 – geborg deur Plaas Media

Die Afrikanerbees Bosveld-studiegroep in samewerking met die Landbounavorsingsraad, bied tydens vanjaar se Thabazimbi Landbou- en Nywerheidskou ‘n beesskool vir ontwikkelende boere aan. Volgens dr Pieter de Kock kom boere van heinde en verre want die behoefte is groot. In Donderdag se aflewering van die program kan RSG Landbou-luisteraars uitvind waaruit dié twee-dag program bestaan.

Watter voordele hou medisinale plante vir inwoners van kommunale gebiede in die Oos-Kaap en Karoo in? RSG Landbou se medewerker, Carin Venter, het by Finn Rautenbach, ’n natuurbewaarder van Bathurst, gaan uitvind.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories