In Donderdag se aflewering van RSG Landbou, hoor ons wat met kommoditeitspryse gebeur, aangesien kenners groot druk op pryse as gevolg van die nat toestande voorspel. Frans de Klerk werp lig op dié onderwerp.
Gepraat van nat toestande, Johan van den Berg is ook op sy pos met nuus oor die weer. Verder gee Chris Derksen vir RSG Landbou-luisteraars terugvoer oor hierdie week se vleispryse.
RSG Landbou sluit die program af met ‘n gesprek oor broodbome. Tommie Steyn van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap brei uit hieroor.