RSG Landbou: 20 Februarie 2023 – geborg deur Bonsmara SA

193
Plaas TV, Pluimveevoeding, avian influenza RSG Landbou

Die hoenderbedryf bly in die nuus. Die impak van beurtkrag, invoertariewe en die aansoek vir belastingkwytskelding op hoender is maar van die kwessies waaroor daar vrae is. In Maandag se RSG Landbou gesels ons met Izaak Breitenbach van die SA Pluimveevereniging hieroor.

Bonsmara SA bied eersdaags hul Rooi Ras-geleentheid aan en Louis Steyl vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hiervan en gesels ook oor die sukses van dié ras in Suid-Afrika.

GP Heppell van Aartappels SA gesels oor huidige marktendense asook die prestasie van plaaslike aartappelproduksie die afgelope twee maande.

Daar is ook soos oudergewoonte weer op ‘n Maandag nuus oor veilings wat die volgende paar weke plaasvind.

Luister nou na hierdie lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA

Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society continually aims to be the leader in the beef cattle industry in order to adequately serve local and global producers and stakeholders by:

  • Acting with credibility and integrity at all times
  • Promoting scientific, biological and economic efficiency
  • Promoting practical and efficient production methods
  • Supplying superior, market-related breeding material to the industry
  • Supplying affordable, quality beef to all consumers

Through these actions, the Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society is committed to make a positive contribution to the promotion of a balanced environmentally friendly beef-cattle industry, for the benefit of the general populous and to ultimately support its members in viable business endeavours

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.