In Donderdag se aflewering van RSG Landbou kuier ons by Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp vir een van die streeksrondtes van die Nasionale Jeugskou-kampioenskappe. Max Pietersen verduidelik wat die jeugskou behels en Danté Grib gesels oor haar ervaring. Sy neem aan die estetiese kategorie deel met haar konyn, Nougat.
Van die land se voorste beesprodusente het hul staal in die Suid-Afrikaanse Vetvee-beoordeelaarsvereniging se nasionale karkas- en skoukampioenskap van 2022 gewys. Die kampioenskap se eerbewysgeleentheid het onlangs in Kroonstad plaasgevind en ons hoor wat Malcolm Moodie hieroor te sê gehad het.
Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.
Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.