Volgens ‘n artikel in die vaktydskrif, Agronomy Journal, sal sojaboonprodusente ‘n paar kopskuiwe moet maak. In Dinsdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met die medeskrywer, dr Stephano Haarhoff van Yara Africa Fertilizer.

Ons vind ook meer uit oor ‘n brandvoorkomingsnavorsingsprojek by die Bottelary Heuwels Renosterveld Bewaringsarea. Jean Pierre du Plessis van African Data Technologies verduidelik op RSG Landbou hoe data by hierdie navorsing ‘n verskil maak.

Dr Mpho Maja van die Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling gesels met RSG Landbou-luisteraars oor bek-en-klouseer en watter stappe hulle neem om die probleem aan te spreek.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.