Inwoners van die Oranjerivier-omgewing is vir ‘n geruime tyd al bekommerd oor die gehalte van die water. Georganiseerde landbou, boere en ander individue het Gariepwatch gestig om dié probleem aan te spreek. RSG Landbou se medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het by Fritz Bekker meer hieroor gaan uitvind.

Dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid kuier ook vandag in die RSG Landbou-ateljee en hy gee onder andere raad vir die voorkoming van bosluisweerstand.

Wiep Joubert, eienaar van Bonsmara Genepoel-produksieveiling, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hulle opkomende veiling asook hoe hulle die bek-en-klouseer-uitdaging hanteer.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.