RSG Landbou: 2 Oktober 2023 – geborg deur Plaas Media

Goeie nuus vir landbou en inwoners wat afhanklik is van water uit die Kougadam – sedert Maart vanjaar het die dam met meer as 50% gestyg. Rienette Colesky van die Gamtoos-besproeiingsraad gee terugvoer hieroor in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Die lewendehawe, veeartsenykunde en farmaseutiese bedryf se gesamentlike rol is die bewaring en verbetering van die omgewing waarin ons leef. Ons verwys na die One Health-konsep en dr Alnora le Riche van Elanco Dieregesondheid verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars hoe dié rolspelers saamwerk.

Skuif ook nader vir terugvoer vanaf die afgelope AFMA Forum wat onlangs by Sun City gehou is.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus.

Luister nou na dié lekker onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories