Die veesiekte, rooiwater, is ‘n siekte wat deur bosluise oorgedra word. Dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid praat in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hieroor en gee ook raad oor die behandeling hiervan. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan het Koos du Pisanie, RSG Landbou se streeksverteenwoordiger in die Noord-Kaap, by Ruben Rens van GWK gaan uitvind hoe lyk aartappelproduksie in die streek. Luister nou na hierdie onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, kuier ook vandag op RSG Landbou. Hy gesels hierdie keer oor die beweging van die rand. Luister nou na hierdie onderhoud.

Chris Derksen is weer op sy pos met nuus oor die week se vleispryse en Johan van den Berg gesels soos altyd weersake. Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.