HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 2 Mei 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 2 Mei 2023 – geborg deur Plaas Media

Lukas Lessing van Marquard is onlangs as Vrystaat Landbou se jongboer vir 2023 aangewys. Sy passie is die saaivertakking wat uit mielies, sonneblomme en sojabone bestaan. Ons gesels met hom oor sy benadering in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou.

As gevolg van goeie reën in sekere dele van die land het gras floreer, maar dit verteer nie so maklik wanneer dit as weiding gebruik word nie. Frans Hagg van Allied Nutrition gee vir RSG Landbou-luisteraars meer raad hieroor.

Dan is Heinrich Victor van OVK ook terug met ons gereelde wolnuus.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Weeklikse plaashek-rooivleispryse / Weekly farm gate red meat prices

Estimated reading time: 5 minutes Die jongste vleispryse word weekliks aan u gebring deur Absa en die RPO. Neem kennis dat hierdie nie kleinhandelpryse...

Vaarwel, Letaba Skou