RSG Landbou: 2 Maart 2023 – geborg deur Plaas Media

Sikloon Freddy se bewegings is tans onvoorspelbaar en daar is ‘n moontlikheid dat nog reën in sekere dele van Suid-Afrika kan voorkom. Johan van den Berg gesels ook oor die La Niña- en El Niño-verskynsels. Luister na dié onderhoud in Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

RSG Landbou is steeds op ‘n kuilvoertoer saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited en stop hierdie week in Gauteng. Hy praat veral oor die beskikbaarheid van brouersgraan wat in rantsoene ingesluit word.

Daarna gesels Stephanie van der Walt van die International Fresh Produce Association met RSG Landbou-luisteraars oor haar besoek aan Fruit Logistica in Berlyn.

Chris Derksen vertel vir RSG Landbou-luisteraars soos altyd meer van dié week se vleispryse.

Leon de Beer van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) brei daarna uit oor Johne se siekte.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories