Veesiektes versprei makliker met die aankoop van nuwe diere en daarom is die toepassing van biosekuriteitsmaatreëls baie belangrik. Dr Louis Boag van Elanco Dieregesondheid gee in Woensdag se aflewering van RSG Landbou raad hieroor.

Volgens Pieter Craven van Syngenta Seeds het koringprodusente veral gesukkel met uitloopskade tydens die abnormale nat toetstande. Hy deel ‘n paar aanbevelings vir die volgende seisoen met RSG Landbou-luisteraars.

Daarna is prof Charlie Reinhardt van die Noordwes Universiteit aan die woord. Hy gee raad oor die beheer van die onkruid, Palmer amarant, wat tans in veral die Potchefstroom-omgewing skade aanrig.

Luister na hierdie onderhoude op RSG Landbou.



Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

Who is Elanco Animal Health?

An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improve the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to addresses global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.