APAC, oftewel die Raad van Landbouprodukte-agente, het hulle strategie vir die volgende drie jaar aangepas. Francois Knowles brei in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor uit.

Dan word Wêreld Vleiland-dag op 2 Februarie gevier en dr Althea Grundling van die Landbounavorsingraad verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars watter betekenis dit vir landbou in Suid-Afrika het.

Hugo Maree van HHM Richugo Brahmane gesels ook op RSG Landbou oor sy veiling.

Vinpro het onlangs die tweede skatting van die verwagte 2022-wyndruifoes bekend gemaak en Conrad Schutte verskaf vir RSG Landbou-luisteraars meer besonderhede in Deel 2 van die onderhoud.




Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country.

The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme.

Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.