Monday, August 15, 2022

RSG Landbou: 2 Augustus 2022 – geborg deur Hygrotech

Ondanks die feit dat Suid-Afrika vir meer as ‘n honderd jaar al vrugte na die Europese Unie uitvoer, bly swartvlek op sitrus ‘n probleem. Charl Kotze van Hygrotech verduidelik in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou, hoe dié siekte beheer word.

Willie van Heerden van Merino SA verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat kopers vanjaar by die BKB Merino Classic kan verwag.

Daarná is Willie Clack van die Rooivleisprodusente-organisasie aan die woord. Hy was een van die sprekers by die Oos-Kaapse reeks van NWKV/RPO-byeenkomste. Willie verduidelik watter bedryfskwessies tans aandag geniet.

Fourie Scheepers, eienaar van Zinabos Bonsmaras, vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat op hul veiling aangebied gaan word.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

Who is Hygrotech?

Our mission is to continuously and pro-actively identify and evaluate the needs of all current and potential clients regarding vegetable seed, as well as related and supporting products and shall strive to satisfy such needs within acceptable norms. Sell quality products, if possible on an exclusive basis, through trained and experienced staff, supported by systems and procedures acceptable to clients and HYGROTECH. Expand the market by recruiting and retaining quality clients in our market segments by way of goal-driven marketing, primarily based on direct selling. Offer our products at a competitive price to our clients, assuring an acceptable growth and profit to HYGROTECH.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Hygrotech. Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories