Die Noordwes-Universiteit en Landbounavorsingsraad was die organiseerders van vanjaar se Nasionale Graannavorsingprogram-byeenkoms met die tema: Farmer 2.0 – Smarter and Greener. Ons gesels onder meer met prof Gerhard du Preez van die Landbouwetenskappe Fakulteit by die Noord-Wes Universiteit.
Produsente en landboubesighede het tyd tot einde Junie 2025 om lone-opgawes by die Vergoedingsfonds te verklaar. Stephan Pietersen van Work Accident Support werp lig op dié onderwerp.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.




