Monday, October 3, 2022

RSG Landbou: 19 September 2022 – geborg deur SOILL

“Opkomende boere moet saam met besluitnemers om die tafel sit om ’n verskil te maak.” Dít was die woorde van Kallie Schoeman van Die Schoeman Groep aan opkomende droëboonprodusente wat onlangs deur dié groep vir hul sukses vereer is. Luister verder na dié gesprek in Maandag se aflewering van RSG Landbou.

Ons hoor ook by Aartappels SA wat in Augustus op die aartappelmarkte gebeur het.

Die Swartlandskou is vanjaar vir die 88ste keer in Moorreesburg aangebied. Jacques Bester vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor dié gebeurtenis.

Daar is óók veilingsnuus. Linde du Plessis brei uit oor die planne wat hulle moes maak om die Brandwater Brahman- en Droughtmaster-produksieveiling aan te bied.

Luister nou na hierdie onderhoude.

Who is SOILL?

Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.
The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner. We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL Besoek gerus hulle webwerf hier.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories