Saturday, December 3, 2022

RSG Landbou: 20 Oktober 2022 – geborg deur Elanco Animal Health

Rooivleisprodusente en ander lede van die rooivleiswaardeketting het onlangs in Pretoria bymekaar gekom om oplossings te vind vir verskeie kwessies in die bedryf. BTW op rooivleis en die graderings- en klassifikasiestelsel is van die punte wat bespreek is. Die sameroeper was Jaco de Villiers en die fasiliteerder, dr Theo de Jager. RSG Landbou-luisteraars kan in Donderdag se aflewering van die program hoor wat hulle hieroor te sê het.

Dan vind ons meer uit oor Tekoa Boerbokstoet van Andries Vollgraaff. Hy is ‘n deeltydse boer in die Wolseley-omgewing.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse, wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Johan van den Berg is op sy pos met sy weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health

Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories