Die grootste gedeeltes van die somerreënvalgebiede is vanjaar deur redelike laat en wisselvallige reënval gekenmerk. Wat kan produsente doen om te verseker dat hulle diere genoeg voer kry? Alheit du Toit van Feedtek gee raad.
Dr Colin Ohlhoff van Melk SA verduidelik hoe volhoubaarheid in ‘n suiwelbedryf omskryf word en brei uit oor tegnologie en omgewingstendense wat internasionaal na vore kom.
Verder gesels ons met die LWO Werkgewersorganisasie oor die regverdige hantering van ontslag in die werksplek.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Melk SA.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

