Heelwat vrae het die afgelope ruk in die rooivleisbedryf ontstaan oor die toenemende verskil tussen karkas- en speenkalfpryse en of die hoë karkaspryse abnormale marges tot gevolg het. Prof Frikkie Maré het tydens die Rooivleisabattoirvereniging se kongres verduidelik wat die bedryf moet doen om premie-pryse op uitvoermarkte te verdien. Luister Maandag se aflewering van RSG Landbou vir meer hieroor.
Verder was dr Johnny van der Merwe van AMT een van die sprekers by die Rooivleisprodusente-organisasie se Noord-Kaap-kongres en hy deel ook sy opinie oor rooivleispryse met RSG Landbou-luisteraars.
Ons hoor ook van Willie van Heerden van Merino SA. Hy gesels oor die adviseurskursus wat verlede week in Middelburg, Karoo aangebied is.
Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar veilingsnuus.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.