Saturday, September 14, 2024
HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 19 Januarie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 19 Januarie 2023 – geborg deur Plaas Media

Landbou-uitvoere, grondhervorming, die agteruitgang van munisipaliteite, landboufinansiering én wetgewing is van die uitdagings waaroor landbou in 2023 sal gesels. So sê Wandile Sihlobo van Agbiz. Vir meer hieroor luister gerus na Donderdag se aflewering van RSG Landbou.

Dan gaan ons op ‘n kuilvoer-reis deur die land saam met Richardt Venter van AgSci Unlimited. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars oor kuilvoermaak in die Wes-Kaap.

Daarna is dr Gerhard Nortjé van Unisa aan die woord. Hy gesels oor grondkors en die impak wat dit op landbou het.

Johan van den Berg is op sy pos met die weeklikse bespreking oor weerstoestande en hoe dit landbou beïnvloed.

Chris Derksen bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van die weeklikse bees-, skaap- en bokvleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is.

Koos du Pisanie, RSG Landbou se medewerker in die Nood-Kaap, het ook met Eben Anthonissen gesels oor die afgelope brande by Olifantshoek in die Noord-Kaap.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

RSG Landbou: 10 September 2024 – geborg deur BKB

Estimated reading time: 2 minutes In September word Wêreldskolemelkdag gevier – wat is die doel hiervan en watter aktiwiteite word plaaslik aangebied ter viering? Christine...