Organiese groenteboerdery is Koos van der Merwe van Green Elephant Organics se passie. As ekoloog en boer het hy in Mosambiek begin en vandag boer hy naby Rustenburg en plant hoofsaaklik spinasie, blaarslaai en blomkool. Koos sê die grond op sy plaas bevat geen chemikalieë of kunsmis nie. Luister nou saam na hierdie gesprek.
Tarkastad bied vroeg in Maart hul landbouskou aan en ons hoor wat Hendrik Schoeman hieroor te sê het.
Dan gesels ons ook met Gawie van Heerden van Konsortium Merino oor hul 102de veiling naby Gariepdam op 27 Februarie.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA
Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society continually aims to be the leader in the beef cattle industry in order to adequately serve local and global producers and stakeholders by:
Acting with credibility and integrity at all times
Promoting scientific, biological and economic efficiency
Promoting practical and efficient production methods
Supplying superior, market-related breeding material to the industry
Supplying affordable, quality beef to all consumers
Through these actions, the Bonsmara SA Cattle Breeders’ Society is committed to make a positive contribution to the promotion of a balanced environmentally friendly beef-cattle industry, for the benefit of the general populous and to ultimately support its members in viable business endeavors
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.