In RSG Landbou vanoggend was daar gesprekke oor klimaatslimboerdery, vleiskwaliteitnavorsing en lewendehawe-uitvoere.
Wat behels dit om klimaatslim te boer?
Om klimaatslim te boer, behels baie meer as ontbossing en veldverbetering. Dieregesondheid is ook deel daarvan. Jan Joubert van Lionel’s Vet gesels met ons hieroor.
Brahman-genootskap se veilingsplanne
Sytze Smit van die Brahman-beestelersgenootskap bring ons op hoogte van hul vleiskwaliteitnavorsing en wat hul vir die genootskap se nasionale veiling op 5 September beplan.
RPO Oos-Kaap hou kongres
Verder het ons die RPO se Oos-Kaapse kongres bygewoon en ons hoor hoe vorder lewendehawe-uitvoere.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.

