Die LRF Veeskool word in Oktober aangebied. SP Potgieter, ‘n boer en vleisbeeskonsultant van Delmas woon jaarliks dié geleentheid by en ons hoor wat die waarde hiervan vir hom is.
Hoe beïnvloed klimaatsverandering die besluite van ‘n finansierder binne die landboubedryf? RSG Landbou gesels in Maandag se aflewering van die program met Daneel Rossouw van Nedbank hieroor.
Dian Landman, ‘n melkprodusent van die Tsitsikamma-omgewing, is as Agri Oos-Kaap se Jongboer van die Jaar aangewys en hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars onder andere wat volhoubaarheid vir hom beteken.
Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar ook veilingsnuus. Daarna is Mike de Kock en Pieter Hamman aan die woord. Hulle brei uit oor Hansu Bonsmara-stoet se veiling wat binnekort plaasvind.
Dr Ivan Meyer sluit die program af oor die toename van BBP syfers. Dit is goeie nuus vir landbou in die Wes-Kaap.
Luister nou na dié onderhoude.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.
Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.