In Dinsdag se RSG Landbou kuier ons op Makwassie by Gideon Koegelenberg. Hy is ‘n mielie-, sojaboon- en sonneblomprodusent en ‘n finalis van vanjaar se Graan SA Graanprodusent van die Jaar-kompetisie.
Dan ontmoet RSG Landbou-luisteraars ook vir Joseph Mokaleng van Mahikeng. Hy is onlangs aangewys as Graan SA se Opkomende Boer van die Jaar.
Daar is goeie nuus vir die wolbedryf – wolveilings vind weer weekliks plaas. Heinrich Victor van OVK bring ons op hoogte van sake wat die uitvoer van wol betref, asook die pryse wat by die jongste veiling behaal is.
Ons sluit die program af met veilingsnuus. Kobus du Toit van Vlakte Bonsmara brei uit oor hulle 13de bulveiling wat binnekort plaasvind.
Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco Animal Health
Who is Elanco Animal Health?
An enterprise of purpose-driven people, we believe healthy animals are key to solving some of the world’s most pressing issues. At Elanco, we relentlessly focus on customers and ensuring that our work adds value to society. We’re committed to improving the health of animals, people, and the planet. At Elanco, we believe healthier animals are central to address global issues like food security and nutrition, mental health and social isolation, and environmental sustainability. It all starts with healthier animals.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Luister hier na vorige uitsendings.