Die Bathurst Landbougenootskap se jaarlikse skou word vanjaar vir die 115de keer aangebied. Daar is ‘n hele paar nuwe items op die program en Neil Scott vertel ons meer.
Die plaaslike kanolabedryf het onder bespreking gekom by die afgelope Overberg Agri voorplant-inligtingsdag naby Caledon. Zander Spammer van Southern Oil het daar met ons gesels.
Dan is Heinrich Victor terug met die jongste wolmarkverslag.
#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Melk SA.
RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.
Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.
Luister hier na vorige uitsendings.





