HomePodcastsRSG LandbouRSG Landbou: 18 Januarie 2023 - geborg deur Plaas Media

RSG Landbou: 18 Januarie 2023 – geborg deur Plaas Media

Dis parstyd vir ons wingerdprodusente. Gereelde monitering is van groot waarde vir die produsent en deesdae word daar van satelliettegnologie gebruik gemaak. Jaco Engelbrecht van Visual Viticulture vertel vir RSG Landbou-luisteraars in Woensdag se aflewering wat dit behels.

Wetgewing rondom gesondheid en veiligheid ten opsigte van elektriese installasies in die graanhanteringsbedryf kom ook onder die soeklig. Dit was een van die besprekingspunte tydens ‘n virtuele sessie wat deur Agbiz aangebied is. Christal-Lize Muller gesels met Peter Dempsey van Ark Holdings.

Luister nou na dié onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

Plaas Media is an agricultural media house focusing on sound technical content across all media platforms. The company’s head office is in Centurion, Gauteng and it has a presence in all provinces across the country. The company has grown by leaps and bounds since it opened its doors in 2010, when it started out with five staff members, two magazine titles and a radio programme. Today it has a staff complement of 30 and boasts three own magazine titles, several contract publications, a radio programme, YouTube channel and weekly online TV-programme, highly successful website and social media presence, a video production arm, numerous competitions and unique projects.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Luister hier na vorige uitsendings.

Must Read

Snotsiekte: ’n Taai tameletjie

Estimated reading time: 5 minutes Snotsiekte is ’n dodelike virussiekte wat deur wildebeeste na beeste oorgedra word. Beide soorte wildebeeste kan die virus wat snotsiekte...