Friday, May 23, 2025

RSG Landbou: 18 Februarie – geborg deur Bonsmara SA

Die belang van navorsing vir die suiwelbedryf kom onder bespreking in vanoggend se RSG Landbou. Dr Heinz Meissner van Melk SA brei uit oor projekte waarop hulle tans fokus.

Bonsmara SA se Louis Steyl gesels ook oor hul nasionale veiling en Rooi Ras-geleentheid wat vanaf 17 tot 19 Maart in Parys sal plaasvind.

Dan is Heinrich Victor terug met hierdie week se wolmarkverslag.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Bonsmara SA.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:25 tot 5:55, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.

Neem deel aan gesprekke oor die onderskeie insette op sosiale media met @DieLandbougesprek en #RSGLandbou. Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan lynette@plaasmedia.co.za.

Luister hier na vorige uitsendings.

Popular stories